Covid-19: Nuutste syfers, 8 Mei

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is pas bekendgemaak.

Ná gister se aankondiging het die aantal gevalle met 663 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 8 895 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 178 en 3 153 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 307 752 toetse vir Covid-19 doen.