Virgin Atlantic gaan glo 3000 werkers afdank

Deel hierdie storie / Share this story

VK – Virgin Atlantic het aangekondig dat die maatskappy meer as 3000 poste in die Verenigde Koninkryk gaan sny. Die lugredery gaan ook glo hulle bedrywighede op die Gatwick -lughawe, weens die nagevolge van die koronaviruspandemie, beëindig.

Volgens die BBC volg die aankondiging nadat hulle mededinger British Airways gesê het dat die sluiting van bedrywighede by Gatwick nie uitgesluit kan word nie. 

Die lugdiens het tans ongeveer 10 000 werkers in diens.

Virgin Atlantic is tans besig om vir noodlenings vanaf die regering aansoek te doen, maar sê na verwagting sal daar afleggings regdeur die maatskappy gemaak word.