INTERNASIONAAL – Elon Musk is waarskynlik ernstig om van sy aardse besittings ontslae te raak na ’n reeks twiets.
Musk sê: “Ek verkoop byna alle fisiese besittings. Sal geen huis besit nie. Net een bepaling vir die koper – die ou huis van Gene Wilder nie afgebreek word of die siel daarvan mag verloor nie.”
Musk sê hy het nie die kontant nodig nie. “Ek wil myself aan Mars en die aarde toewy, maar besittings trek jou net af.”
Volgens die BBC is twee eiendomme wat aan Musk behoort nou op Zillow, ’n eiendomswebwerf, vir $40 miljoen (R734 miljoen) te koop.



