Maklike hoender- en- kluitjies – resep

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie maklike resep is perfek op ’n koue aand en maklik om te maak as jy nie lus het om baie moeite te doen nie.

Bestanddele

Vir die sop:

  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 groot ui, gekap
  • 2 medium wortels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 steel seldery, gekap
  • 1 teelepel. gedroogde oreganum
  • sout
  • swartpeper
  • 3 knoffelhuisies, fyngemaak
  • 6 koppies hoenderaftreksel
  • 4 hoenderdye sonder bene of  vel
  • tiemie
  • 1 koppie room
  • vars gekapte pietersielie, vir opdiening

Vir die kluitjies:

  • 1½ koppie meel
  • 1½ teelepel sout
  • 1 groot eier
  • 2/3 koppie melk
  • 2 eetlepels gesmelte botter

Metode:

  • Maak sop: Verhit olie oor medium hitte. Voeg ui, wortels en seldery by en braai tot sag. Geur met oreganum, sout en peper. Voeg knoffel by en braai tot geurig.
  • Voeg aftreksel, hoender en tiemie by die en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut tot die hoender gaar is. Verwyder hoender en pluis met twee vurke.
  • Terwyl sop prut, maak kluitjies: klits meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot bak. Maak ’n holte in die meel en voeg eier, karringmelk en gesmelte botter by en meng met ’n vurk tot gemeng.
  • Voeg gepluisde hoender en room in die kastrol en sit dan weer terug op die plaat. Skep lepels kluitjiemengsel in die kastrol, bedek en kook op laag totdat die kluitjies gaar is.
  • Garneer met pietersielie voor opdiening.