Sommige diere kan glo hul alkoholiese drankies hanteer

Deel hierdie storie / Share this story

Mense, sjimpansees, gorillas, vlermuise en ander soogdiere met ’n dieet wat baie vrugte en nektar bevat, is moontlik die beste aangepas om alkohol te hanteer.

Volgens New Scientist het wetenskaplikes 85 diere geanaliseer om te kon vasstel watter diere is meer aangepas om alkohol te verteer.

Vrugte en nektar is ryk aan energie en dit is ’n bron waarop baie diere staatmaak. Vrugte produseer egter etanol deur natuurlike fermentasie wat tot alkoholkonsentrasies tot 3.1 persent in nektar en 8.1 persent in vrugte kan lei, sê Mareike Janiak van die Universiteit van Calgary in Kanada aan New Scientist.

Dit beteken dat dit voordelig is vir diere wat vrugte en nektar eet om die vermoë te ontwikkel om alkohol vinnig af te breek en nie dronk te raak nie, sê sy. Janiak sê: “Om baie vrugte of nektar te kan eet sonder om aan die gevolge van etanol onderworpe te wees, sal ‘n belangrike voedselbron bied.”

Om te sien hoeveel diere dit kon reggekry het Janiak en haar kollegas ’n geen met die naam ADH7 in 85 verskillende soogdierspesies bestudeer.

Hulle het gevind dat soogdiere wat gereeld vrugte of nektar verteer meer waarskynlik ’n weergawe van die ADH7-geen het wat hulle uiters doeltreffend met die verwerking van alkohol maak.