August 4, 2021

Starlink-satellietskouspel heelweek in hemelruim sigbaar

Foto deur BBC.

INTERNASIONAAL – Die skouspel van meer as 60 satelliete wat oor die Verenigde Koninkryk in ’n ketting in die hemelruim gesien kan word, gaan vir res van die week sigbaar wees, sê ruimtekundiges.

Volgens die BBC is die 60 satelliete in Maart deur Elon Musk se maatskappy SpaceX, waarvan hy die hoof uitvoerende beampte is, opgestuur en in ’n wentelbaan om die aarde geplaas .

Tot dusver is daar omtrent 300 van 12 000 satelliete in ’n wentelbaan, wat vir die Stalink-internet-infrastruktuur beplan word.

Verskeie webwerwe en toeps stel mense in staat om die huidige liggings van die satelliete op te spoor. Die volgende Britse vertoning word Maandag kort voor 22:00 BST verwag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *