September 24, 2021

Sê koebaai vir tuisgemaakte bier

Anchor Yeast, die land se grootste gisverskaffer, het onlangs in ’n verklaring aan kleinhandelwinkels bekendgemaak dié verskaffer sal vir nou nie meer brouersgis aan die winkels beskikbaar stel nie.

Dié boodskap van onttrekking het op sosiale media uitgelek en Joanne Clarke, direkteur van verbruikersverhoudinge by Anchor Yeast, het gesê daar sal steeds somminge van hulle produkte op die rakke wees.

Sy sê ook die rede vir die verskaffer se onttrekking is die gebruik van hulle brouersgis om tuis bier te maak.

“Ons het die verspreiding van hierdie produk stopgesit as gevolg van die moontlikheid dat dit gebruik word vir die maak van nie-essensiële produkte gedurende inperking. Nie al ons produkte sal van die rakke verwyder word nie. Ons neem hierdie besluit in samewerking met die regering se beroep om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.”

1 thought on “Sê koebaai vir tuisgemaakte bier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *