DURBAN – Liefde, hoop en ’n ❤️-emoji. Dit is die boodskap wat aan Suid-Afrikaners op ’n wolkekrabber in Durban, KwaZulu-Natal, uitbasuin word.
Tsogo Sun, ’n hotel in dié stad, het die kreatiewe en inspirerende boodskap, wat die gemoedere van Suid-Afrikaners gelig het, op hulle Facebook-blad gedeel .
Suid-Afrikaners se gemoedere lig
Linda Lee O’Flaherty skryf op die plasing: “Dis ’n awesome boodskap van hoop in die moeilike tyd. Dankie. 💛💛 Tsogo Sun 💛💛”
Nondumiso Mbanxa sê: “Wow, dit is so mooi. Ek verlang na my tuisdorp nou.”
Anita Coetzee van Tonder Well sê: “Wel gedaan Wayne en personeel. Dit is spesiaal, inspirerend en motiverend. Dit word opreg waardeer.🙌”



