KIMBERLEY – Die polisie in Kimberley het na bewering gister ’n klopjag op ’n winkel in Cartersstraat uitgevoer.
Volgens Shaheeda Ali, ’n inwoner van die stad, sê: “Ek was by toe die polisie gister ’n klopjag by die winkel uitgevoer het. Ek was heeltemal geskok om ’n polisiebeampte buite die winkel te sien staan en rook, terwyl hy van die winkel se voorraad laai, terwyl die ander die eienaar voor sy kind rond ruk en pluk terwyl sy vrou aan hom geklou het.”
Ali vra of daar nie ’n meer menslike manier was om die situasie te hanteer nie.
Sy sê: “Een polisiewa spin in die hoofpad sonder gevoel oor die aankomende verkeer. Vier vangwa’s, ’n GTI en nog ’n Corolla is genoeg mag, maar hulle intimideer steeds die burger.”
“Is dit hoe mense behandel word en is daar ’n ander manier om dinge te doen veral wanneer jy in uniform is en ’n voorbeeld moet stel?” sluit sy af.
FiND iT het navraag by die polisie gedoen, maar het nie betyds vir publikasie terugvoering ontvang nie.


