Kimberliet los probleem op en verwyder sandhope

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Gavin Hitchcock, inwoner van Beaconsfield in Kimberley, het saam met sy familie en vriende besluit om van die sand op die hoek van Bartleplek en Herculesstraat ontslae te raak.

Ockie Fourie, DA-raadslid, het werkers in die area opgemerk en besluit om navraag te doen. Dié werkers het volgens Fourie vragte en vragte van die sand uit die pad verwyder.

Hitchcock het besef die hope sand veroorsaak probleme vir motoriste en hulle voertuie wanneer hulle in daardie area rondbeweeg.

“Wat ‘n wonderlike gebaar in ‘n moeilike tyd waar soveel mense soveel negatiewe ondervindings en emosies ervaar,” sê Fourie.