Rioolprobleme hopelik nou iets van die verlede

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die Sol Plaatje-munisipaliteit se sanitasiespan het ná ontelbare klagtes oor rioolprobleme in Diamantpark in Kimberley, ingespring en die verskillende probleemareas besoek om blokkasies te verwyder.

Die spanleier het aangedui dat die werkers vandag in die spesifieke area sal werk.

Die departement van omgewingsbewaring het Ockie Fourie, DA-raadslid, deur die area vergesel. Volgens Fourie is daar verskeie probleme soos rioolblokkasies en berge vullis uitgewys. Die gevare wat met die probleme gepaard gaan, soos slange, rotte en muise, is ook uitgewys.