Besope man met handsak klop glo aan deure in woonbuurt

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Bejaarde man wat na bewering te diep in die bottel gekyk het, loop glo van deur tot deur op soek na iets om te eet.

’n Leser het ’n foto van die man met ’n handsak, wat vermoedelik gesteel kan wees, aan FiND iT gestuur.

Hy sê: “Hy was nounet in New Park. Hy loop hier rond agter Newton-laerskool by Paul Roosstraat. Hy hamer aan almal se deure en soek kamstig kos en as hy nie kry dan vloek hy vir jou, maar is goed gedrink.”

“Dit is nou die tweede handsak waarmee hy rondloop. Hy het nou die ander dag met ’n swart handsak rondgeloop. Hy loop nou na Christina Kiddie se kant toe. Hy het so ’n pers sak saam met die handsak, swart broek met ’n nommer sewe en drie sterre op die broekspyp en so ’n vuil ligte baadjie,” sê die leser.