Brownies met net drie bestanddele

Deel hierdie storie / Share this story

Probeer gerus hierdie resep vir die lekkerste en maklikste brownies met net drie bestanddele.

Wat jy gaan benodig

1 blikkie kondensmelk

2 koppies koekiekrummels

2 plakke gerasperde sjokolade of 1 koppie sjokoladesplinters

Metode

Smeer ‘n oondpan van ongeveer 20 x 30 cm goed. Meng die kondensmelk, sjokolade en koekiekrummels goed saam. Skep dit in die oondpan, maak gelyk en bak dit vir 20 tot 25 minute. Sny in blokkies en laat afkoel.