SUID-AFRIKA – Ten spyte van die inperking het kunstenaar Mathys Roets en sy familie almal bymekaargekom en saam vars handgerolde pasta gemaak.
Mathys het die foto’s as bewyse op Facebook gedeel en skerts dat geen reëls gebreek is nie, omdat die familie met ’n videokonferensie bymekaargekom het.
Hy sê: “Dit was ‘n drie ure lange kuier van pastadeeg maak en uitrol en sny en kook en saameet. Van Knysna, George, Monumentpark, Pierre van Rhyneveld, Centurion en Midstream.”
“Nabetragting die aand voel dit soos familiekuiers 30 jaar terug in Reitz. Moeg gelag en gesels, maar so lekker! Virtuele lockdown pasta kuier,” sluit Mathys af.



