SUID-AFRIKA – Suid-Afrikaners kan hulleself vir beurtkrag voorberei wat vir ’n jaar of meer kan duur, lui berigte.
Bheki Nxumalo, Eskom se hoof van kragopwekking, het aan die Sunday Times het gesê beurtkrag sal “waarskynlik” hervat word indien die nasionale inperking in Mei opgehef word.
Dit kan dan tot Augustus 2021 voortduur, berig MyBroadband.



