Op Saterdag 18 April 2020 het ses van Hoërskool Adamantia aan die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deelgeneem. Dit was ook ’n eerste keer ooit dat die organiseerders van Oppie Tong Af die kompetisie digitaal aangebied het.
Alhoewel dit die eerste keer was dat leerders digitaal aan so ’n kompitisie deelneem, het hulle baie goed gevaar en die skool is trots op elkeen!
Afrikaans oorredingstoespraak, voorbereid:
Annchen de Lange, A met 82%
Ané Claassens, A++ met 90%
Lefran Smith, A++ met 91%
Afrikaans vermaaklikheidstoespraak:
Lefran Smith, A++ met 93%
Afrikaans oorredingstoespraak, onvoorbereid:
Mischa Nel, A+ met 88%
Dylan Barnard, A+ met 86%
Johandri Tolmay, A+ met 88%
Adamantia wil weereens baie geluk en baie dankie sê aan elke spreker met julle goeie replieke en ook julle bereidwilligheid om op ’n vreemde en nuwe platform jul toesprake te lewer!











