SPRINGBOK – Lionel Robinson, ’n besigheidsman van Stilbaai, sê hy wag nou vir byna drie maand vir die nasionale vervolgingsgesag se uitspraak in ’n saak van nalatige en dronkbestuur wat in 2016 teen hom gebring is.
“Hulle het my gewaarborg binne ’n maand sal hulle terugvoer gegee het, ons wag nog steeds vir ’n antwoord van 5 Januarie af,” sê hy.
Robinson het ’n klag van aanranding en diefstal van sy motor teen die polisiebeampte wat hom arresteer het, gebring.
Dossier by NVG
Sontaga Seisa, nasionale woordvoerder vir die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig die ondersoek duur voort.
Hy sê Opod het ’n dossier in die saak van Robinson ontvang en het dit reeds aan die NVG vir ’n besluit oorhandig.
Robinson moet op 8 Mei weer in die Springbok-landdroshof verskyn.
Lees ons vorige berig, Klag skok LUR van veiligheid.



