BIRMINGHAM – Connie Titchen, ’n 106-jarige vrou van Engeland, is een van die oudste pasiënte nog wat die Covid-19-koronavirus oorleef het.
Connie is deur die personeel van die Birmingham-hospitaal toegejuig toe sy Dinsdag, na drie weke ontslaan is.
Die afgetrede winkelassistent van dié stad is middel Maart met longontsteking in die hospitaal opgeneem, berig die BBC.
Connie kon nie wag om haar familie te sien nie. Sy sê: “Ek voel baie lucky dat ek die virus oorkom het.”
We'd like to give our own round of applause to Connie who at 106 is heading home from City Hospital having successfully beaten #Coronavirus.
— SWBH NHS Trust (@SWBHnhs) April 15, 2020
She is our oldest patient to beat the virus – and may well be the oldest in the country to do so! #ClapForConniehttps://t.co/bKONIq4sTZ pic.twitter.com/zT28UPdT4A



