KIMBERLEY. – Die duikweg in Beaconsfield was teen 08:00 vanoggend so min of meer 60% leeggepomp.
Ockie Fourie, DA-raadslid, sê sodra al die water uitgepomp is sal Sol Plaatje die padoppervlak skoonmaak sodat dit veilig is vir voertuie om te gebruik.
“Die oppervlakte is tans vol slik, modder en ander opdrifsels en sal uiters gevaarlik wees om te gebruik sodra die duikweg leeggepomp is. Motoriste moet geensins die versperrings aan weerskante van die duikweg verwyder net omdat daar nie meer water is nie.”



