Rioolwater stroom uit mangat in woonbuurt

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Water stroom erg by ’n mangat in Bartleplek in Beaconsfield naby ’n spoorlyn uit.

’n Inwoner daar het ’n foto aan FiND iT gestuur.

Volgens die inwoner het die munisipaliteit gister mangate in Kaapstadweg oopgemaak. 

Rioolwater stroom by die bure oorkant se drein tot in die veld uit. Hulle is bekommerd dit kan tot binne-in oorvloei.

FiND iT it het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen.