KIMBERLEY – ’n Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse-lugdiens (SAL) het sirkels om Kimberley gevlieg.
’n Inwoner van Kimberley het dit onder FiND iT se aandag gebring nadat hy die vlug op sy slimfoon gevolg het.
Tlali Tlali, woorvoerder van SAL, sê dit is ’n toetsvlug en die vliegtuig is nie toestemming geweier om te land nie.
Hy sê hulle doen gereeld toetsvlugte en dit is normaal. “Ons voer toetsvlugte uit op ons vliegtuie nadat hulle onderhoud ondergaan het,” sluit Tlali af.










