Dié individue kry griepinspuitings

Deel hierdie storie / Share this story

Die winter is byna hier en alhoewel die griepinspuiting Covid-19-infeksie nie voorkom nie, word Suid-Afrikaners steeds aangeraai om dié inenting te kry.

Die departement van gesondheid prioritiseer tans sekere groepe vir die inenting:

Gesondheidswerkers (verplig), individue ouer as 65 jaar, individue met kardiovaskulêre siektes asook kroniese longsiekte, swanger vroue in alle stadiums van swangerskap en HIV-geïnfekteerdes.