Minister geskors ná sy glo inperking verontagsaam

Deel hierdie storie / Share this story

“Die landswye inperking vra samewerking en geld vir alle Suid-Afrikaners. Lede van die nasionale uitvoerende raad het ’n spesiale verantwoordelikheid om ’n voorbeeld aan ander Suid-Afrikaners, wat almal groot opoffereings maak, te stel.”

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, is vir twee maande op spesiale verlof, waarvan een maand onbetaal, sê Khusela Diko, woordvoerder vir president Cyril Ramaphosa.

Daar het gerugte op sosiale media rondgeloop van dié minister wat by ’n vriend middagete hou terwyl die hele land tuis moet bly om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.

President Ramaphosa sê: “Geeneen van ons, nie eers ’n lid van die nasionale uitvoerende raad, mag die nasionale poging om lewens in hierdie ernstige situasie te red, ondermyn nie. Ek glo minister Ndabeni-Abrahams besef hoe ernstig dit is wat sy gedoen het. Niemand is bo die wet verhewe nie.”

Die minister is deur die president aangespreek. Hier is haar verskoning: