JEFFREYSBAAI – ’n Seun (2) is kritiek in die hospitaal nadat hy Saterdag 4 April op ’n plaas buite Jeffreysbaai twee keer deur ’n pofadder gepik is.
Alhoewel Riaan Deeltlefs se lewe tans buite gevaar is, is daar kommer oor of sy regterarm ten volle sal herstel.
Harry Deetlefs en sy vrou het hulle seun Saterdag na die Humansdorp-hospitaal gehaas nadat hulle opgelet het die seun se arm is seer en geswel. Die gesin is later na Livingston-hospitaal verwys.
Die Deetlefse het eers later agtergekom dat hulle seun deur ’n slang gepik is toe mnr. Deetlefs ’n dooie pofadder op die familie se grasperk gekry het. Die seun is vermoedelik op sy pinkie en naby sy elmboog gepik.
Riaan is tans gestabiliseer.



