Só sê Jimmy Stonehouse, beter bekend vir sy groot arms en prominente afrigtingstyl by die Pumas.
Dié voormalige oudonderwyser, wat tans die hoofafrigter is van die Pumas, het nog een van sy talente ten toon gestel toe hy gister ’n boodskap van bemoediging aan sy vriende en volgelinge op Facebook gedeel het. Hierdie afrigter het gister sy Facebook-ondersteuners met ’n liedjie verras wat hy spesiaal geskryf het om ander te inspireer tydens die 21 dae tuisbly-aksie.
Raak hartsnare
Stonehouse se woorde van bemoediging is veral wat die hartsnare raak. Meer as 180 mense het reeds op sy liedjie gereageer en die video is al meer as 9 500 keer gekyk. In sy boodskap bedank hy hospitaalpersoneel, kassiere by winkels wat kos verkoop en almal wat ’n positiewe bydrae in hierdie tyd lewer.
Harde kole
Die liedjie wat aanvanklik deur Rickus Nel gesing word, genaamd Harde kole, is deur Afrikaanse luisteraars regoor die wêreld as ’n liedjie van samehorigheid beskou. Stonehouse het die lirieke so bietjie verdraai wat tans meer op toepassing is op ons huidige situasie. In die liedjie verwys hy na die voorreg wat hierdie gebeurtenis eintik meer spesiaal maak vir almal wat tuis moet bly. Kinders wat buite mag speel, gesinne wat meer tyd kan spandeer en ’n samehorigheidsgevoel wat nie onder normale omstandighede vir ons beskore is nie.
Direkteur van rugby
Stonehouse is in 1998 aangestel as direkteur van rugby en Cravenweek-afrigter van die Blou Bulle Cravenweek-span in 2003/2004. Hy het ook gedurende dié tyd die Russiese o/19-span sowel as die Russiese 7’s-span afgerig. In 2004 word hy aangestel as afrigter van die Pretoria Harlequins en rig weer die Blou Bulle se Cravenweek-span in 2007/8 af.
Debuut
Stonehouse maak sy debuut as Curriebeker-afrigter in 2008 en rig vir sewe jaar die Pumas af. In 2008 verruil hy die Pumas om die Toshiba Brave Lupis in Japan se Toprugbytoernooi af te rig.
Stonehouse neem ook in 2005 deel aan verskeie liggaamsboukompetisies en wen die Mnr. SA-kompetisie in dieselfde jaar en eindig die volgende jaar sesde in die Mr. Universe-kompetisie.
Wie weet, met al die talente maak Stonehouse dalk binnekort sy buiging op ons Suid-Afrikaanse sangverhoog.



