Is jy dapper genoeg om hierdie tuisgemaakte ‘Hunters‘-bier te probeer?
Bestanddele:
16 groen appels, in blokkies gesny
2 kg bruinsuiker
20 Five Roses-teesakkies
20 g brouersgis
20 ℓ water
Metode:
Gooi die water in ’n kastrol met ’n deksel. Bring die water tot kookpunt en voeg dan die teesakkies en suiker by. Wanneer dit afgekoel het, voeg die appels en die gis by. Sit ’n deksel op en laat staan die pot vir sewe dae.



