Man vas ná vals video oor besmette toetse

Deel hierdie storie / Share this story

PAROW – ’n Man (55) is gister in die Wes-Kaap in hegtenis geneem na hy vals inligting oor die Covid-19-toetse in ’n video versprei het. Hy sal na verwagting vandag in die hof verskyn, sê brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder.

In die video het die man aangekondig enige Covid-19-toetse wat by jou huis gedoen word, is met die virus besmet.

Hy is in terme van die wet op rampbestuur in hegtenis geneem.