JOHANNESBURG – Shayne Robinson, bekroonde Suid-Afrikaanse joernalis, video- en fotograaf en YouTube-inhoudskepper, woon in Johannesburg en is besig met ’n dokumentêr oor Covid-19 en die inperking.
Hy het ’n permit om vir die res van die inperkingstydperk saam met die polisie, weermag en ander essensiële werkers die risiko’s van Covid-19 te trotseer om foto’s te neem van oomblikke wat eendag deel sal uitmaak van die geskiedenis van Suid-Afrika.
In sommige van die foto’s pas die polisie en weermag die wet op rampbestuur toe en in ander word sosiale distansiëring uitgebeeld.









