Vinnige, maklik en lekker oliebolle wat net twee bestanddele bevat.
Bestanddele:
- 3 koppies bruismeel
- 1 ½ koppies Griekse jogurt
- olie om mee te braai
Metode:
- Meng bruismeel en jogurt saam.
- Knie die mengsel totdat dit glad is.
- Druk in die vorm uit wat jy verkies.
- Voorverhit olie op medium hitte sodat die oliebolle deurgaar kan word.
- Die beslag kan ook as pizzadeeg gebruik word.
- Versier die oliebolle met versiersuiker of sjokolade soos verkies.






