Covid-19: Elf pasiënte sterf weens korona in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die sterftesyfer in Suid-Afrika weens die nuwe koronavirus is elf, het dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, in ’n persverklaring bekendgemaak.

Die twee laaste gevalle is gisteraand bevestig. Een sterfte is ’n 82-jarige vrou wat op 29 Maart in die intensiewesorgeenheid in die Wes-Kaap opgeneem is. Sy is weens koors, lyfseer, ’n droë hoes en ’n seer keel opgeneem. Sy het ook aan hipertensie, diabetes en cholesterol gely.

Die tweede sterfte is ’n 86-jarige man van KwaZulu-Natal. Hy is op 26 Maart in die hospitaal opgeneem met brongopneumonie en ander respiratoriese siektes. Hy het ook aan obstruktiewe lugweginfeksie gely.

Twee van die 11 sterftes was volgens die minister in die Wes-Kaap, een in die Vrystaat, een in Gauteng en sewe in KwaZulu-Natal.