September 24, 2021

Onaanvaarbaar en onverantwoordelik, sê burgemeester Mabilo

KIMBERLEY – Munisipale werkers van Sol Plaatje-munisipaliteit se direktoraat vir infrastruktuur-ontwikkeling moes gister ‘n groot hoeveelheid klippe, bakstene en ander ongewone voorwerpe uit inspeksiegate in Kimberley verwyder.

Kimberley se infrastruktuur word hierdeur beskadig en dienslewering word vertraag. Kimberley se uitvoerende burgemeester, Patrick Mabilo, sê dis onaanvaarbaar en onverantwoordelik.

Die weggooi van vullis en ander voorwerpe op die onverantwoordelike wyse lei tot probleme soos rioolstorting en rioolstelsels wat verstop.

Burgemeeste Mabilo rig ‘n ernstige versoek op alle inwoners van Kimberley om verantwoordelik op te tree wanneer dit by die weggooi van vullis kom en die skuldiges by die munisipaliteit of polisie te rapporteer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *