Maak só jou eie pynappelbier – Resep

Deel hierdie storie / Share this story

Met net drie bestanddele en ’n eenvoudige metode is daar geen manier waarop jou poging kan misluk nie!

Bestanddele

Drie pynappels se skille
Water
1 kg suiker

Metode

  1. Sny die pynappelskille in stukke en gooi dit in ’n 9ℓ-emmer. Voeg om en by 1 kg suiker by.
  2. Vul die emmer tot bo met water en gooi ’n gaasdoek daaroor. Laat dit vir ongeveer twee dae staan tot daar ’n skuimlagie bo-op vorm.
  3. Skep die skille uit en gooi dit weg.

Net ’n paar wenke

Hoe langer jy die mengsel laat staan, hoe sterker die skop. Hoe meer suiker jy byvoeg, hoe lekkerder is jou bier!
As die fyn haartjies van die skille in die bier jou pla, syg die bier deur ’n stuk materiaal.
Jy kan jou pynappelbier vir ongeveer 30 dae in bottels in die yskas bêre voor dit begin sleg raak.

Resep: Netwerk24