Geen permit nodig vir noodsaaklike reis

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, bevestig mense mag sonder bewyse vir noodsaaklikhede beweeg.

Naidoo het aan News24 gesê die regulasies is baie duidelik. Mense mag kruideniersware koop, mediese hulp kry, medisyne bekom of maatskaplike toelaes afhaal.

Hy sê geen bewyse of permitte is by die padversperrings vir diegene wat hierdie noodsaaklike dienste wil bekom, nodig nie.

Die stelsel rus op vertroue, sê Naidoo. Dit volg nadat ’n man van Kaapstad by ’n padblokade verbied is om ’n apteek wat 24 uur per dag oop is te besoek, berig News24.