BLOEMFONTEIN – Na die dieretuin in Bloemfontein se deure finaal toegemaak het, is meeste van die diere wat die omstandighede in die dieretuin oorleef het, na wildreservate of privaatboere in die area geneem.
Volgens die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging is daar nog 11 buffels wat die noodsaaklike gesondheidstoetse moet ondergaan voor hulle na ’n meer permanente woning kan verhuis. Sodra die diere se toetsuitslae negatief terugkom, sal die diere weer toegelaat kan word om vrylik rond te beweeg.
Die DBV het in totaal R150 000 vir dié toetse nodig en vra enige DBV-ondersteuners of gemeenskapslede om deur ’n SMS of ’n direkte deposito te help betaal vir dié buffels se vryheid.
“Dit maak nie saak hoe klein jou donasie is nie,” sê die DBV. “Help ons om hulle te help.”
Die betrokke bankbesonderhede, sou jy ’n donasie wou maak:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: BFN Society for the Prevention of Cruelty to Animals
Rekeningnommer: 927 910 2644
Takkode: 632 005
Spaarrekening
Verwysing: Buffel
of
stuur ‘n SMS na 42646 met die woord “Bloemspca” (SMS kos R30)
of
besoek hulle webwerf by www.bloemfonteinspca.co.za en klik op die skenkingknoppie om te skenk.



