31 persone al van Covid-19 genees

Deel hierdie storie / Share this story

In ‘n persverklaring deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, is daar 31 gevalle van Suid-Afrikaners wat van Covid-19 genees is.

Volgens die persverklaring is 55 persone in die hospitaal weens die virus, vier pasiënte in intensiewesorgeenhede en drie pasiënte op ventilasie.

Daar is ook meer as 4 000 persone geïdentifiseer as persone wat met geïnfekteerdes in kontak was.