Munisipaliteit voorsien watertenks

KIMBERLEY – Sol Plaatje-munisipaliteit het 40 watertenks binne die munisipale jurisdiksie opgerig. Meer sal binne die volgende paar dae voorsien word.

Die munisipaliteit het hom saam met die departement van water en sanitasie, daartoe verbind om te verseker inwoners tref goeie higiëne-voorsorgmaatreëls om die kurwe van die Covid-19-pandemie af te plat deur watertenks in informeleneder settings regoor die stad en sy omliggende gebiede te voorsien.

Bykans 16 gebiede het Jojo-tenks ontvang, naamlik Bobo se Plaas, Jacksonville, Lerato Park, Phomolong, Colville-terrein, Snake Park, Riemvasmaak en Chris Hani Park. Meer gebiede sal ook in die komende dae van watertenks voorsien word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *