Water stroom vir maande

KIMBERLEY – Terwyl mense regoor die land vir inperking gereed moet maak, sukkel inwoners in die stad steeds met dienslewering, soos die herstel van waterlekkasies.

’n Inwoner van Club 2000 in Galeshewe het FiND iT gekontak nadat hulle vir byna twee maande met die Sol Plaatje-munisipaliteit worstel om ’n lekkasie in Thami Islandstraat te herstel.

Die inwoner sê: “Ek het die lekkasie verskeie maal gerapporteer en kry elke slag ’n nuwe verwysingsnommer, maar ek wag nou maande vir die munisipaliteit om dit te herstel.”

“Die wykslid en die voormalige wykslid was hier, maar dit het nie veel gehelp nie. Help ons asb,” vra die inwoner.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: