Eskom beplan geen beurtkrag tydens isolasie nie

Eskom sê hy beplan geen beurtkrag tydens die tydperk van isolasie nie, maar hy kan nie waarborg dat daar geen beurtkrag sal wees nie. Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder vir Eskom, sê onbeplande kragonderbrekings het baie oor die afgelope twee weke afgeneem.

“Ons beplan nie om beurtkrag in die 21 dae te implementeer nie. Die realiteit is egter dat ons met onbetroubare sisteme werk. Dit gaan nie verander in die volgende drie weke nie. Ons kan dus nie belowe dat daar geen beurtkrag sal wees nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: