Suid-Afrikaners mag steeds gaan draf

President Cyril Ramaphosa het Maandagaand ’n tydperk van isolasie in Suid-Afrika aangekondig. Slegs apteke, banke, sekere winkels, hospitale en besighede wat noodsaaklike dienste lewer, sal in dié tyd oop wees. Persone wat in hierdie tyd steeds ’n gesonde leefstyl wil handhaaf, was bekommerd oor of hulle steeds sal kan gaan draf of stap.

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gesê Suid-Afrikaners mag gedurende die isolasie-tydperk gaan draf of gaan stap. “Jy kan met jou hond gaan stap, maar doen dit alleen óf met ‘n redelike afstand tussen jou en die persoon wat saam met jou draf. Só kan ons die verdere verspreiding van die virus voorkom. Die werklike probleem is die groter sosiale byeenkomste,” sê dr. Mkhize.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: