INTERNASIONAAL – Die Prins van Wallis het positief vir die koronavirus getoets, “maar bly gesond.”
Volgens die BBC het die huis van Clarence aangekondig dat die 71-jarige prins Charles simptome van dié virus getoon het, “maar geniet andersins goeie gesondheid.”
Die hertogin van Cornwall (72) het negatief vir die virus getoets.
Charles en Camilla is nou in selfisolasie op Balmoral.
Buckingham-paleis sê die koningin het haar seun, die erfgenaam van die troon, op 12 Maart laas gesien, maar het genoem dat hy “gesond was.”



