Verloor van reuksintuig moontlik teken van koronavirus

INTERNASIONAAL – Alhoewel die identifisering van waarskuwingstekens wat COVID-19 kan aandui uiters nuttig sou wees, is dokters en navorsers steeds skepties oor anekdotiese getuienis.

Volgens Popular Science het anekdotiese verslae van navorsers en dokters (en selfs magnate) oor die naweek die wêreld om ’n vreemde verband tussen die onderdrukking van die reuksintuig en Covid-19 opgemerk.

Volgens die berig lyk dit of sommige van diegene wat met die virus besmet is, hul reuksintuig heeltemal verloor. In baie gevalle gebeur dit voor meer intense simptome soos hoes en koors voorkom. Navorsers meen dat hierdie toestand, wat as anosmie (anosmia) in die mediese wêreld bekend staan, ’n baken vir die diagnose van die virus kan wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: