KIMBERLEY – ’n Industriële drom (skip) by Heculeshof, ’n munisipale woonstelkompleks, in Frereplek Beaconsfield, het ’n gesondheidsrisiko vir die buurt geskep.
’n Inwoner van die stad het verlede week daar verby gery en ’n foto van die drom wat onder vullis toegegooi was op sosiale media gedeel. FiND iT het die woonstel vanoggend besoek en het geen verandering aan die situasie opgemerk nie.
Die inwoner sê: “Ons sit met ’n pandemie in die land en kyk hoe lyk dit by die woonstel.”
“Dit lyk kort-kort so. Ander mense, wat nie eers by daai woonstelle bly nie, gooi hulle vullis daar weg,” sê hy.
“Ek het al baie keer gesien dat mense in die straat af loop of ry met voertuie en daar stop om hulle swart sakke weg te gooi. Soms stink dit ook baie erg,” sluit hy af.
Lees ons vorige berig, Vullisbrand by munisipale woonstelle.



