Vullisbrand by munisipale woonstelle

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Inwoner van Beaconsfield het op sosiale media begin kla nadat vullis dikwels in ’n industriële drom (skip) by Heculeshof, ’n munisipale woonstelkompleks, in Frereplek, deur vermeende brandstigters uitgebrand word.

Faadillah Iqahjandro, ’n inwoner, het op ‘n Facebook-plasing gesê hulle het ’n probleem met persone wat gereeld vullis in dié drom aan die brand steek. Sy het gesê sy is bekommerd oor die gesondheid van babas wat hier woon.

Dawn Theys het op die plasing gesê dat persone wat die brande begin baie onbedagsaam is.

FiND iT het navrae by die Sol Plaatje-munisipaliteit ingedien, maar het nie betyds vir publikasie terugvoering ontvang nie.