Bewusmaking oor vroue- en kindermishandeling

KIMBERLEY. – Die SAPD se provinsiale regsdienste en die kantoor van die staatsprokureur het die leerlinge van die Hoërskool Tshireleco toegespreek tydens die afsluiting van vrouemaand.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die tema van die geleentheid was Phenomenal Woman. “Die besoek was om bewusmaking van mishandeling van vroue en kinders te verskerp.”

Buhle Khoza, die junior adjunk-provinsiale kommissaris vir batebestuur en me. Gcilitshana, die verteenwoordiger van die staatsprokureur, het die doel van die geleentheid met die leerders bespreek .

“Hulle het ook die vroue en kinders gemotiveer om die stilte oor geweld teen vroue en kinders te verbreek en het die simptome van verbale mishandeling, intimidasie, liggaamlike teistering en seksuele aanranding beklemtoon.”

Lesego Kantani, die motiveringspreker, het ook lig op die bemagtiging van vroue, opvoeding en feminisme gewerp.

“Die geleentheid was opmerklik lekker en leersaam,” sê Kock. “Daar was ’n kerslig-plegtigheid ter ere van al die heldinne wat oorlede is en al die vrouens wat nog vermis is.”

Die leerlinge het tradisionele danse opgevoer en al die vroulike skoliere het handdoeke en geskenke ontvang.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *