Border2Beach fietstoer ten bate van Alzheimersiekte

Deel hierdie storie / Share this story

In Augustus 2018 het twee broers, Struan en Lyle Anderson, hulle pa Jonathan Anderson verloor ná ‘n lewenslange stryd met bipolêre depressie, wat op demensie uitgeloop het.

In sy jeugjare was Jono ‘n groot avonturier wat aan die die Kaap na Rio-wedvaart deelgeneem het en die Oranjerivier in ‘n kano baasgeraak het. Op die ouderdom van 17 het hy fiets gery vanaf Salisbury (Harare) na Kaapstad.

Sy seuns het besluit om hulle pa met ‘n fietsrit dwarsoor die land van die Beitbruggrens tot in Kaapstad te vereer en sodoende bewusmaking en opvoeding oor demensie te bevorder. Geld is ook vir Alzheimer-SA ingesamel om versorgers van pasiënte met demensie en Alzheimersiekte op te lei, veral in die meer landelike gebiede.

Ontmoet die span

Struan Anderson is ‘n 36-jarige boer van KZN, getroud met Bronwyn met twee jong kinders, Thomas en Emma. Struan se ouma het aan Alzheimersiekte gely, en nadat sy gesukkel het om geskikte sorg vir haar te kry, het die gesin ‘n Alzheimer-huis in die oorspronklike plaashuis geopen. Toe Struan se pa, Jonathan, dementia ontwikkel, het hy in 2018 as inwoner in die huis ingetrek.

Lyle Anderson – Struan se broer, die 35-jarige Lyle, is ‘n kunsdirekteur vir reklameagentskap in Johannesburg en is met Andrea getroud. Hulle het ‘n tweeling, die eenjarige Jonah en Logan.

Gareth Myles – ‘n 35-jarige veearts van KZN, getroud met Lauren. Hy is ‘n goeie vriend van Struan en het hom ondersteun toe sy seun en pa onderskeidelik aan Alzheimersiekte en demensie gely het.

Liz Beckerling, bedryfsbestuurder – 37-jarige, sakedirekteur in die reisbedryf in Johannesburg en ma van ‘n jong seun, Cannon. Liz sal saam met die span reis en na al die logistieke van die rit omsien. Liz se pa ly tans aan Parkinsonsiekte. Hy is twee jaar gelede gediagnoseer, maar sukkel al lank daarmee.

Hoe jy kan help

Volg die veldtog op sosiale media, deel, kry vriende, kollegas, gesinne en jou plaaslike databasis betrokke

https://www.instagram.com/border2beach/
https://www.facebook.com/Border2beach/
swww.border2beach.co.za

Versprei die boodskap – Fondsinsameling

Border2Beach wil R200 000 insamel om die opleiding van 80 versorgers te ondersteun. Alzheimer’s SA bied hierdie opleiding teen R2500 per persoon aan.

Dra wat u kan by tot die fondsinsamelingsveldtog op die BackABuddy crowdfunding platform https://www.backabuddy.co.za/champion/project/border2beach-psycle)

Maak ‘n donasie direk in die volgende bankrekening:
FNB CHEQUE ACC
BORDER2BEACH
Acc no: 62814531209
Branch: 250655

Die span het reeds op 24 Augustus vanaf Beitbridge aan die grens tussen Zimbabwe en Suid-Afrika vertrek, met die plan om op 7 September in Kaapstad aan te kom.