Rommelstrooiery naby hardewarewinkel ruk handuit

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Veld langs Herculesstraat in Electra Park, Kimberley, wat naby ’n hardewarewinkel geleë is, is oortrek met rommel.

Ockert Fourie, ’n DA-raadslid, sê hy glo die grootste gedeelte van die grond in Electra Park behoort aan Transnet, maar die gedeelte waar die rommel gestrooi is, moet egter deur Sol verwyder word.

FiND iT het navrae by die Sol Plaatje-munisipaliteit ingedien, maar het nie betyds vir publikasie terugvoering ontvang nie.