Fopboodskap vra persone om foto van kers te verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – ’n Boodskap wat op sosiale media die rondte doen, wat persone vra om ’n foto van ’n brandende kers op hulle profiel te verwyder, is vals.

Die fopboodskap beweer dat die brandende kers verband hou met ’n satanistiese ritueel.

Volgens News1 is die boodskap ’n hoax en is daar geen gebeure wat met die datum verband hou nie.

Die boodskap probeer ’n skadelose kers-van-hoop kettingboodskap diskrediteer.

Alhoewel die bruid van die ondier in die antichristelike “bybel” op 24 April gevier word, beteken dit nie dié kettingboodskap vier die ritueel nie, berig News1.