In die lig van die Covid-19-uitbraak, word Suid-Afrikaners met nuwe reëls en regulasies gekonfronteer om die verspreiding van hierdie virus te bekamp.
’n Ramptoestand kan verklaar word wanneer:
- Bestaande wetgewing en gebeurlikheidsmaatreëls nie genoeg voorsiening maak vir die nasionale uitvoerende gesag om die ramp effektief die hoof te bied nie
- Ander besondere omstandighede die verklaring van ’n nasionale ramptoestand regverdig.
Noodtoestande word deur die Wet op Noodtoestande 64 van 1997 gereguleer.
Landsburgers die reëls en regulasies van ramp- en noodtoestande eerbiedig wees om die verspreiding van Covid-19 te beperk. Dit is waar afsondering (lockdown) ’n rol speel. Indien noodtoestand afgekondig word, sal owerhede oor die mag beskik om te sê wanneer landsburgers hul huise mag verlaat, wanneer inkopiesentrums mag handeldryf, of besighede sake mag doen en ook wanneer akademiese instansies weer oopgemaak sal word.
Bron: Maroela Media



