Kimberley – ’n Rioolpyp wat oorstroom, stort rioolwater in Merrimanstraat, De Beers in.
Gezina Phillipson, ’n inwoner van hierdie gebied, is bekommerd oor die gesondheidsrisiko’s wat dit inhou. Sy sê ook dit is onhigiënies.
Die probleem is by Sol Plaatje-munisipaliteit aangemeld.



