Met al meer mense wat tuisbly, is die land se paaie stiller en waag motoriste soms kanse deur die spoedgrens op snelweë te oorskry.
Die Automobile Association (AA) vra motoriste om steeds waaksaam te wees en die padreëls te volg.
Die AA stel aan motoriste voor om steeds goeie higiëne te handhaaf deur gereeld oppervlakke in hul voertuie af te vee waaraan hulle gereeld vat. Dit sluit rathefbome, stuurwiele, veiligheidsgordels en handvatsels in.
Bron: Times Live



